Welkom by
Casa Deo Wes-Kaap
Skepping van Christokratiese Koöperatiewe Self-Onderhoudende Gemeenskappe
English Document can be downloaded here
Hierdie is ‘n konsepfase vir die praktiese implementering van ‘n onderlinge versorgings- en ekonomiese self-onderhoudende sisteem tussen geesgenote in Jesus Christus in die Wes-Kaap of Noord-Kaap.
Die naam vir so eerste gemeenskap, Casa Deo, wat Huis van God beteken is bloot ‘n voorstel. Die konsep het baie raakpunte met ‘kibbutze’ wat redelik bekend en is waarskynlik die naaste bedeling wat inpas by die bedeling wat in hierdie dokument bespreek word. Vanuit ‘n geestelike oogpunt gee die eerste gemeentes van Handelinge vir ons reeds baie sleutels rondom ‘n koninkryks-ekonomie.
Alhoewel dit dus nie ‘n nuwe ideologie is nie, want die beginsels is in lyn met die Skrif wat betref koninkryksbeginsels, is dit ‘n uitdaging vir ons as gelowiges wat groot geword het met paradigmas en sisteme wat vanselfsprekend aanvaar word.
'n Meer volledige dokument is opgestel en is beskikbaar vir aflaai onder.
Koninkryk's Polities-Ekonomiese Stelsel
‘n Sosialistiese tipe bedeling het baie eienskappe wat koninkryksbeginsels onderskryf. Die belangrikste hiervan:
- Gemeenskaplike besit deur gemeenskap – nie staat nie.
- Produksiemiddele onder beheer van gemeenskap.
- Geen winsbejagtheid binne stelsel.
Basiese behoeftes van gemeenskap, soos voedsel, verblyf en dienste soos onderwys, gesondheidsorg en verskeie ander basiese dienste vir almal besikbaar is.
So stelsel beteken nie noodwendig ‘n klaslose stelsel en gelyke verdeling of uitdeling van bates en inkomste nie.
Om byvoorbeeld sosialisme in die RSA as geheel in te stel is selfmoord. Dit is soos om die koei te slag wat die melk lewer. Te veel gaan net wil gryp en rus. Die regering sal ook nasionaliseer wat dus totale kommunisme tot gevolg gaan hê.
Om wel ‘n gemeenskap te begin met sosialistiese kenmerke oftewel koninkryksbeginsels, moet ‘n ekonomie geskep word wat arbeid vereis sodat almal wat deelneem arbeidsaam is. Die oorskot wat vervaardig word, word verkoop aan die kapitalistiese stelsel om te herinvesteer in die sisteem in nog meer produksiemiddele wat verdere arbeid benodig. So groei die interne sisteem omdat hy ekonomies lewensvatbaar is. Op sosiale vlak sal weeskinders en weduwees en ouer mense geakkomodeer word.
Die grootste uitdagings in so stelsel is om ‘n fyn balans te vind tussen-
Wat basies vir almal voorsien word;
- en wat as ekstra motivering kan dien vir diegene wat noodsaaklike, spesialis of kundige advies dienste verleen aan die gemeenskap – dit is dreinering van kundigheid te verhoed;
- en motivering/ambisie te handhaaf vir die arbeiders wat nie noodwendig kundigheid verg nie – verhoed soustrein mentaliteit.
Aansoek om moontlik deel te neem
Die eerste fase is om belangstelling en beskikbaarheid van hulpbronne in die vorm van arbeid, grond, voertuie, toerusting ensomeer in te samel, dit te verwerk en dan 'n werkbare oplossing voor te berei met die samewerking en insette van almal.
Dit is belangrik dat u die dokument aflaai en behoorlik bestudeer om te bepaal of u aan so bedeling kan deelneem.
Hou in gedagte dat die skrywer dit as konsep saamgestel het en dat insette belangrik gaan wees van almal wat belangstel en 'n verskil kan maak.
Die voorlopige aansoek met u inligting kan hieronder gedoen word.